Wednesday 3 May 2017

Woensdae Hengel..

Goeie dag almal.

Ek het vir myself elke Woensdag nou uitgesit om 'n hengel dag te hou hier by my om verskillende verskaffers van produkte te nooi om hulle produkte vir die dag te bring en saam met my te hengel waar ek dan vir die dag met hulle produkte hengel en dan 'n verslag daaroor skryf...

Ek is nie meer "BRAND" gebonde so alle verkaffers is welkom.... julle word uitgenooi om julle produkte te bring en ons kyk saam wat dit hier by Vosrite Fishing doen...

Op die einde van die dag help dit my om my gaste die regte raad te gee wat om te gebruik en so ook help dit julle as verkaffers om met sekerheid te kan sĂȘ wat hier werk....

Ek het klaar antwoord van die volgende verskaffers gekry en bevestig is dat hulle deel van die projek wil raak.... Ek wag nog vir ander om finaal te bevestig...

1. Conoflex Signature Series
2. Venom Baits
3. FISH

So hou die blogs dop vir my terug voering op die hengel dae....

Groete

Henning

No comments:

Post a Comment

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017 PLEK :  Vosrite Fishing Adventures - Parys TYD : 07:00 tot 15:00 GEBRUIK : The Original Muti's Ons ...