Thursday 8 June 2017

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017
PLEK : Vosrite Fishing Adventures - Parys
TYD : 07:00 tot 15:00


GEBRUIK : The Original Muti's

Ons volgende hengeldag het weer aangebreuk en vandag hengel ons met Original Muti's. Nou baie van ons hengelaars ken die produk maar ook heelwat van die nuwe hengelaars ken nog nie die produk nie. Paar mense het my gevra wie is Original Muti's en is hulle nuut op die mark.... Wel ek het net geantwoord ken julle..... 

Sodra jy Petite Janine noem dan onthou meeste van almal die produkte.... So hier is bietjie meer inligting gou oor hulle.....

The Original muti's se eienaars is by vere die langste in die mark van al die muti's vervaardigers in Suid Afrika. Hulle is reeds daar sedert 1988 met SuperCast wat hulle verkoop het aan Schalk in 1996 waarna hulle hulle weer in 2001 met The Original Muti's begin het. Hulle was die 1st mense om popcorn voer, brood backings en voldips te begin bemark. Hulle is ook die grootste vervaardiger van varswater sinkers en het pas die nuwe slide-ons tot die reeks gevoeg.
Hulle het ook onlangs begin om 'n reeks springs en polisiemanne te vervaardig en te versprei. Hulle voer is totaal afsonderlik van die ander in die sin dat hulle hul eie popcorn maak en dit dan verwerk, in plaas daarvan om die popcorn slegs te koop en dit dan daarvan af te begin verwerk.

Hulle doen hul verspreiding en aflewrings self om te verseker dat hulle verhouding met die hengelwinkels tops bly en dit veroorsaak dat mens nie uit gevoel raak met die industrie nie.

Hulle reeks bestaan tans uit :
44 x Balldips
80 x Muti's
24 x Mielies
16 x Klein floaties
16 x Groot floaties
10 x Brood backings
11 x Poeiers
12 x Sprays
Growe voer
Fyn voer

So hulle het 'n groot reeks waarvan jy kan kies en ek is ook seker dat die van julle wat al van hule produkte gebruik het kan getuig van goeie gehalte....

Dinsdag aand het die wind erg begin waai hier op die plaas en ook van Dinsdag middag het die visse nie meer so mooi saam gespeel soos maandag en laas week nie. Weet nie of dit dalk te doen het met die weer van die Kaap wat opppad is nie. So het ek Woensdag oggend opgestaan met wind wat van alle rigtings af waai met ruk winde tussen deur.... Ek het geweet hier wag vir ons 'n moeilike hengel dag want selfs die vis se spring is dood stil...

Barry en Lea het opgedaag en 1st ding het Barry en Lea my pakkie vir my gegee met produkte in wat ek kan gebruik vir die dag....
Gou binne my viskas gepak en toe klaar my goed reg gekry vir hengel.... Lea het na my toe gekom en vir my gewys hoe gebruik hulle die voer wat hulle produk is....
Daar is 1 pak normaal en 1 pak fyn voer gevat en in een van hierdie voer sakke gemeng... soos gewoonlik vra ek wat die mates is wat die voer aangemaak moet word want 99% is mos 2 dele voer teen 1 deel water... wel toe leer ek iets nuuts vandag by Lea.... Jou gooi glad nie water by jou voer soos 99% doen nie en wat ek daarby bedoel is jy vat nie 2 dele voer en dan 1 deel water en meng dit en wag dan om te gebruik nie.... nee jy skep jou voer mengsel in jou voer emmer en nou skep jy met jou 2 hande bietjie water en gooi dit bo op die voer.... nou meng jy net die boonste gedeelte wat mos nou nat is en vorm jou voerbal.... dadelik is jou voerbal reg so as jy 'n sagte voerbal wil he dan gooi jy bietjie meer water by en minder voer en as jy stywer voerbal wil he gebruik jy net bietjie meer voer.... So nou is daar net 'n din laag voer bo in jou emmer wat nat is en die onderste voer bly droog.. 

Dit help baie want ek hengel gereeld 'n emmer voer leeg dan maak ek weer aan maar daar bly altyd voer oor en dis 'n "Freebee" vir die visse want jy kan dit nie bere nie... met hierdie metode wat Lea my gewys het gebruik jy net wat jy nodig het.... verwyder die din laag voer wat nat is en die droee voer bere jy weer vir 'n volgende hengel sessie... so hoef jy ook nie bang te wees dat jy voer suur word deur jou hengel sessie nie... 

Ons was net na 7 reg om te begin hengel en soos ek weet waarop die vis die Dinsdag nog gebyt het laai ek my 1 stok met Tap-Tap en Bunspice Supreme met 'n Plain mielie pit. My ander stok laai ek met Banana spray en ook 'n skoon pit.

Gooi gaan maar moeilik met die wind maar die lyne is in en die gewag begin..... So gooi Lea haar lyne in en ook Barry en ons gesels bietjie oor The Original Muti's....

Lea se lyn het 1st geloop en die rekening is oop met 'n mooi muddie.... Verlig is ons dat daar darm lewe is in hierdie winderige dag....

So is dit na 1:10min my beurt en ek kry 'n Karpie op my 1 st stok met die Tap-Tap op.... Ek laai weer dieselfde en gooi in... die 2de stok le nog dood stil...

Volgende is Barry se kans om ook 'n mooi muddie uit te trek... So darm het ons nou 3 visse op die wal...

46 min en my Stok met die Tap-Tap loop weer en weer 'n karpie op die wal... Tussen het ek my ander stok uitgehaal en weer ingegooi maar hierdie keer gooi ek Kalmeer spray saam A.L Kerman met 'n plain mielie.... 30min en ek het 'n muddie aan die lyn...

Lea vang toe nog 'n paar karpies en muddies maar verloor ook 'n paar en selfde met Barry, hy vang og 'n muddie maar verloor ook 'n vis...

Ek besluit om my 1 stok te laai met Spikkels en plain mielie gedoop in Spikkels en my ander stok laai ek met VickyLooti en 'n lang deegie....

Na 1:36min loop die VickyLooti en ek vang 'n karpie op hom maar die Spikkels le dood stil....

Ons hengel tyd is om teen 15:00 en die oppak begin.... al te saam het ons 12 visse gekry vir die dag waar Lea 6, ek 4 en Barry 2 gevang het so Lea was die wenner vir die dag....

Ek het regtig baie geleer en ook lekker gesels met Barry en Lea en ons gaan weer 'n sessie reel met hopenlik beter weer....

Dips gebruik deur my:
Kalmeer Spray - Activator
A.L Kerman - Senor Onion
Tap-Tap - Pynappel
Spikkels - Spirits/Musk
VickyLooti - Vicks en Looti
Bunspice Supreme - Bunspice

Met 'n volgende hengel geleentheid sal ek dan bietjie die ander dips ook gebruik en kyk wat hulle maak....

Hier is 'n paat foto's van die dag....










Dankie vir 'n lekker hengeldag en volgende Woensdag is Awesome Baits terug met sessie no 2..

Groete

Henning

NS.... nadat almal gery het was ek terug by die cabin en omdat dit ons laaste aand daar was het ek besluit kom ek gooi gooi vir die laaste keur weer my stokke in om te kyk of ek nie dalk nog 'n vissie kan vang nie....

Ek het toe wel nog 'n karpie gekry en het die Tap-Tap en Bunspice Supreme met 'n plain mielie gebruik....
Op my pa se stokke het ons Spikkels gegooi met 'n Bloutrein pit en daar hierdie karp op gekry....
Op sy ander stok was Petite Janine met 'n deegie en daar het ons 'n klein baber op gevang....

4 comments:

  1. Mooi man baie interesant. Lyk of hierdie muti goed presteer het al was die weer sleg. Ek weet nog nie of ek my Conoflex sommer net so sal Los nie lol

    ReplyDelete
  2. Hi, Dankie vir die verslag.

    ReplyDelete
  3. Henning, Oom Barry se Lootie en sy HoneyCorn is permanent in my viskas. Dis n kombo wat by alle plekke v my werk.

    ReplyDelete

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017 PLEK :  Vosrite Fishing Adventures - Parys TYD : 07:00 tot 15:00 GEBRUIK : The Original Muti's Ons ...