Wednesday 19 April 2017

Visvang verslag - 19 April 2017


DATUM : 19 April 2017
PLEK : Vosrite Fishing Adventures - Parys
TYD : 07:00 tot 15:00
GEBRUIK : Conoflex Signature Series

So het ek reg gemaak vir my 1st visvang dag waar ek 'n vervaardiger se reeks gebruik en dan 'n verslag skryf van wat die dag gebeur het....

Ek het die nuwe Oranje pak voer van Conoflex gekry vir die dag se hengel en dan ook 'n paar van die dips om te kyk wat dit hier by Vosrite kan doen. Dis koud in die oggend na 'n koue front die naweek inbeweeg het en die winter is beslis op ons maar word darm beter later die dag. Wind het so nou en dan ook sterk gewaai.....

Die Voer:
Die Conoflex Signature Reeks Oranje pak voer kom in 'n 2kg verpakking. Voor ek die pak oopmaak skud ek hom maar altyd om seker te maak dat alles mooi gemeng is. Daar is vir my gesê om hom 2 dele voer teen 1 deel water te meng.




1 Deel water tot 2 dele voer





Ek het toe die 2 dele voer en 1 deel water in my emmer gegooi en gemeng. Voer was lekker nat en sag. Los hom vir n paar miniete en dan begin hy mooi styf te word... Indien nodig as jy baie sagte voer soek kan jy nog bietjie water na die tyd bygooi. Maak maar seker jy wag n rukkie en moenie dadlik wil begin hengel met dit nie....Indien jy besig is om te hengel en jou voer raak klaar en jy moet vinnig weer aanmaak dan kan jy bietjie ekstra voer inmeng om hom vinnig stywer te kry om dadelik verder te kan hengel.....

Die reek van mielies kan jy sommer ruik as jy die voer aanmaak en het ook 'n lekker gewig aan hom... Ek het al voer aangemaak wat voel of jy niks in jou hande het nie... Ek het voor my in die water n bal gegooi en was beindruk met die oplos van die voer. Maak 'n mooi kol met voer wat mooi lê op die bodem.

Dit werk ook baie goed met die mieliebom mould en mens sukkel nie om 'n perfekte voerbol te maak nie.... ky kgerus ook na die mould by www.ajfishing.net

Die hengel verslag:
Voer is aangemaak en het nou al 'n rukkie gestaan en nadat ek dit weer gemeng het is dit reg om gebruik te word....

Stok 1 - 11ft Vengance met Shimano XTR 5000 katrolle met 10lb Double X Oranje lyn. M0 sinker met 'n no 2 hoekie. Enkel Rietvlei strop.

Ek laai Stok 1 met Raptor en Grasgogga waar ek die Grasgogga op die voerbal in smeer. Op die hoek het ek 'n Conoflex Banan mielie wat ek in die voerbal druk. Ek druk nie die pit binne in die voerbal nie maar slegs dat hy op die kant van die voerbal is.

Karp aan na 27 min






Stok 2 - 11ft Vengance met Shimano XTR 5000 katrolle met 10lb Double X Oranje lyn. M0 sinker met 'n no 2 hoekie. Enkel Rietvlei strop.

Ek laai Stok 2 met Rooi Tjop Tjop spray en Double Up spray. Op die hoek het ek 'n Conoflex Honey mielie wat ek soos stok 1 net aan die voerbal druk.

Karp aan na 42 min







Ek het Stok 1 so nou en dan afgewissel met Raptor en Jinx saam n Banana floatie en dit het ook karp gegee. Tye het gewissel van 10 min dan 35min dan weer 7 min en so aan.

Ek het Stok 2 later verander na Rooi Tjop Tjop en Mystic Spice met 'n Conoflex Bunspice mielie en dit het vinnig vir my vis gegee. 2 van my karpies het binne 3 min opgetel.

Ek het ook op Stok 2 seker 6 vis verloor waar die visse lyn vat, ek slaan aan en begin in te katrol en na n kort rukkie dan kom hulle los. Wat die rede was weet ek regtig nie. Ek het wel my strop vervang maar steeds so nou en dan 'n vis verloor.

Hier by 12:00 se kant het die vis stiller geraak en ek het Stok 1 nuwe kombenasie opgesit...

Die kombenasie wat volgens kenners groot vis lewer het ek gebruik en moet sê ek het 3 mooi karpies op hom gekry.

Ek het Paint Spray en Kiana Spray gebruik en op die hoek het ek 'n Kiana pit(Conoflex Bloutrein mielies met Kiana dip in) gesit.

Vinnig was die vis aan. Ek het weer herlaai maar nou het ek eers 'n Kiana floatie opgesit met die mielie agter hom en het baie lekker gewerk.

Hierdie is 'n voerbal gedruk met die Mieliebom mould van AJ Fishing..


So geure wat ek vir die dag gebruik het was:
1. Raptor
2. Grasgogga
3. Jinx
4. Rooi Tjop Tjop
5. Mystic Spice
6. Double Up
7. Paint Spray
8. Kiana Spray

Dan aas was:
1. Banana mielies
2. Honey mielies
3. Bunspice mielies
4. Kiana mielies
5. Banana Floaties
6. Kiana Floaties

Teen 13:30 was dit stil en wind het sterk gewaai. Ek het besluit om te begin oppak en teen 15:00 was alles opgepak en ek het klaar gewerk vir die dag.

Dit was 'n lekker hengel dag en ek is tevrede met die produk wat ek gebruik het en ook die visse wat uitgekom het... So kry gerus vir julle die boonste geure wat ek genoem het as julle Vaalrivier toe gaan en ek is oortuig dit sal by ander damme en riviere ook werk...

Hier is die visse wat gevang is vandag.....











Groete tot die volgende verslag...

Henning



3 comments:

  1. Nice Henning... Lyk sommer BAIE lekker! Well done...

    ReplyDelete
  2. Lekker gelees dankie Henning . Sien jul volgende maand by Sheworry

    ReplyDelete
  3. Awesome Henning. Sien al klaar uit na die volgende een. Baie dankie!!

    ReplyDelete

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017 PLEK :  Vosrite Fishing Adventures - Parys TYD : 07:00 tot 15:00 GEBRUIK : The Original Muti's Ons ...