Wednesday 3 May 2017

Visvang Verslag - 3 Mei 2017


DATUM : 3 Mei 2017
PLEK : Vosrite Fishing Adventures - Parys
TYD : 07:00 tot 14:00
GEBRUIK : Conoflex Signature Series Produkte

So het ek reg gemaak vir my 2de visvang dag waar ek 'n vervaardiger se reeks gebruik en dan 'n verslag skryf van wat die dag gebeur het....

Dit sou vandag saam met Magic Baits gewees het maar a.g.v sake buite ons beheer kon dit nie meer plaasvind nie. So ek het nog steeds gehengel vir die dag en weer Conoflex Signature Series produkte gebruik...

Ek het die groen pak voer gebruik waar ek mielie rys byvoeg want dit los 'n lekker voerkol agter en gee ook jou mieliebom bietjie meer gewig..

Nogsteeds maak ek hom 2 dele voer teen 1 deel water aan en los hom dan om mooi in te trek... Ek maak ook altyd my hand nat voor ek 'n bom druk en aansit, dit help dat nie bom nie aan jou hande klou nie en ook om hom mooi te vorm vir my..

Na die vloede begin het in November was die muddies hier by ons baie stiller as tevore... so ek mis hulle want dis vir my die lekkerste vis om te hengel in die rivier vier die lekker geveg met kopstampe wat hulle gee.... Behalwe vir 'n geelvis het ek nog nie 'n ander vis gevang wat so lekker speel soos 'n muddie nie.... maar moet ook bysê dat 'n rivier muddie beslis meer geveg gee as 'n dam muddie...

Vandag is die dag wat ek weer gaan kyk of ek muddies gevang kan kry nadat die gaste die naweek laat weet het dat die babers en muddies baie gepla het... so ek was baie opgewonde en gehoop ek sal 'n muddie op 2 kan optel....

Hoe sou ek hulle teiken vandag???

1. Hengel tussen 30m en 50m maks.
2. Bou 'n voerkol.
3. Gebruik Kondensmelk deeg en niks anders nie.
4. Gebruik Gly Rietvlei strop met M0 sinker en 0.8 Fearnon Hoekies.

Ek het my 2 x Shimano 8ft vengeance stokkies gebruik saam met my 4000 Mitchell Baitrunners gelaai met 10lb Double X Oranje lyn.

Hierdie 2 stokkies het ek regs ingegooi van waar my 2 hoof stokke was waarmee ek karp geteiken het vir die dag...

Dis 7 uur en ek is reg om my 2 x 11ft Shimano Vengeance in te gooi om te kyk of ek lekker karp kan optel vir die dag..

Stok 1 - Enkel hoek rietvlei strop gelaai met Raptor saam Grasgogga op die voerbal met 'n piesang pit. Ingegooi op so 80m.

Stok 2 - Enkel hoek rietvlei strop gelaai met Rooi Tjop Tjop saam Double Up op die voerbal met 'n heuning pit. Ingegooi op 80m.

Stok 1 loop na 36 min en hierdie mooi Karp is op die wal... Rekening is oop so nou kan die dag maar volstoom voortgaan.....

Stok 2 gebeur niks... Ek laai Stok 1 weer met dieselfde en gooi weer 80m...

So het ek my 2 x stokkies reg vir muddies en my benadering is soos volg.....

Stok 1 - Dubbel hoek gly rietvlei strop gelaai met Loodewyk saam Tokkelossie op die voerbal met 'n Kondensmelk deegie op die onderste hoek en 'n floro floatie op die boonste hoek... Ingegooi op 50m.
Hierdie kombenasie het al vir my mooi klomp muddies gegee nie net hier nie maar ook by Olifantsnek dam in Rustenburg..

Stok 2 - Dubbel hoek gly rietvlei strop gelaai met Peppermintcrisp saam Double Chocolate op die voerbal met 'n Kondensmelk deegie op die onderste hoek en 'n floro floatie op die boonste hoek... Ingegooi op 30m.

Binne 15 min is stok 1 aan die gang ek ek trek hierdie mooi muddie uit...


Ek was so bly toe die muddie uitkom en sommer geweet hulle is hier en ek gaan hulle beslis vang...

Kort hierna loop stok 2 en ek kry 'n karpie op hom..


My 11ft stokke is dood stil en na 60 min besluit ek om oor in te gooi....

Ek laai stok 1 weer met Raptor en Grasgogga maar nou verander ek Stok 2 na Spray Paint en Kiana Spray op die voerbal en 'n Kiana flotie saam 'n Kiana pit op die hoek...

Stok 1 lê maar binne 16 min hardloop stok 2 en ek kan voel dis 'n beter vis... Nie lank nie en hierdie karp is op die wal....


Die 2 klein stokke bly erg besig en ek vang die 1 muddie na die ander so dat ek nie regtig kans kry vir my 11ft stokke nie maar ek kry wel vis op hulle ook...

Op 'n stadium het ek Stok 2 verander na Turbo Garlic saam Tutti Frutti met 'n Almond pit en ook nie lank nie het ek hierdie mooi karp op die wal...


Nou raak dit besig en tussen deur vang ek 'n kleinbek geelvis en ook 'n babertjie of 2....

Ek het soveel pret met my klein stokkies gehad dat ek meer aandag aan hulle gegee het en so kon ek my 15+ muddies vir die dag gevang kry....

Ek het ook 'n mooi muddie en karp op my 1 klein stookie gevang met Strawberry Jam op die voerbal met kondensmelk deegie....

Soos maar ook met eenige visvang dag het ek 'n paar mooi visse verloor wat naby die wal afgekom het na 'n lekker tydjie aan die lyn....

Dit was regtig 'n baie suksesvolle dag gewees en weereens het ek lank laas so lekker muddies gevang...

Opsomming wat vir my gewerk het vandag....
1. Raptor
2. Grasgogga
3. Spray Paint
4. Kiana Spray
5. Turbo Garlic
6. Tutti Fruitti
7. Loodewyk
8. Tokkelossie
9. Peppermintcrisp
10. Double Chocolate
11. Strawberry jam
12. Rooi Tjop Tjop
13. Bouble Up
14. Piesang pitte
15. Kiana pitte
16, Kiana floaties
17. Floro floaties
18. Kondensmelk deeg
19. Conoflex Groen sak voer

Dit is maar net weer bewys dat as jy goed wil vang in die vaalrivier gebruik Conoflex Signature series produkte. As jy wil muddies teiken kry vir jou Peppermintcrisp, Double Chocolate, Loodewyk, Tokkelossie en Strawberry jam... Ek moet nog produkte kry wat vir my dieselfde sukses sal gee soos die Signature series gemaak deur Loutjie Louwies...

Ek het die dag afgesluit met 23 vis in totaal en hier onder is van die mooies wat afgeneem is....












Dankie vir julle tyd om my verslag te gelees het.... Los gerus 'n boodskap en laat weet wat julle van dit dink...

Groete tot volgende Woensdag...

Henning




2 comments:

  1. Baie dankie Henning!! Welgedaan, dit was 'n goeie dag gewees... Gerrit

    ReplyDelete
  2. Dankie vir die inligting Henning, dit sal interessant wees as jy 'n groot karp sessie kan doen aangesien dit nou amper tyd is vir Vosrite se winterbulle om uit te kom...

    ReplyDelete

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017 PLEK :  Vosrite Fishing Adventures - Parys TYD : 07:00 tot 15:00 GEBRUIK : The Original Muti's Ons ...