Thursday 18 May 2017

Produk verslag no 1 - Mieliebom mould..



Produk naam : Mieliebom mould
Vervaardiger : AJ Moulds
Web adres : www.ajfishing.net
Kontak persoon : Andre Visagie

Ek het met my hengel die 17de Mei 2017 besluit om bietjie hierdie mould van my te gebruik vir die dag se hengel. Ek het hom lanklaas gebruik en maar net weer besef dat dit werklik 'n goeie produk is wat jy beslis in jou viskas kan hou vir daardie dae wat jy net nie jou mielie bomme reg kry nie...

Wat die produk doen is om jou te help om 'n perfekte mieliebom te druk wat dan op jou M-Reeks sinkers pas en verhoed dat jy jou mieliebom sommer afgooi... mits jou voer reg aangemaak is gaan jy nie sommer weer jou mieliebom afgooi nie en so kan jy beter afstande begin hengel want jy kan harder gooi...

Dit was nog altyd 'n sielkindige blok vir my gewees as ek 'n mieliebom afgooi want dan is ek bang ek gaan hom weer afgooi en so gooi ek nie meer hard nie en kom nie op my afstande uit nie.... Nou met die mould hoef ek nie bang te wees as ek weet my voer is reg nie....

Jy kry verskillende grootes en ek gebruik die 40mm een... balle is klein genoeg en as ek moet ver hengel gebruik ek net 'n groter M-Reeks sinker....

Jy kan natuurlik bietjie meer mieliebom in die mould sit en 'n klein bietjie groter bom druk en dit werk 100% vir my.....

Wat ook lekker is en goed werk is dat as jy 'n vinnige temp hengel kan jy 'n paar balle vooruit maak en in jou voer emmer los sodat jy net kan hak en ingooi weer....









So hoe gaan ek te werk om 'n bom te druk?

Stap 1
Maak seker dat alle dele van die mould goed nat is.

Stap 2
Vat van jou voer en druk bietjie vas met jou hand soos wat jy 'n mieliebom sal maak.

Stap 3
Sit nou jou mould aan mekaar met die voer in die middel en steek die stokkie deur.

Stap 4
Druk nou alby kante na binne sodat die voer saam gedruk kan word.

Stap 5
Druk nou eers die stokkie uit na die een kant toe en verwyder die kant van die mould en dan druk jy die stokkie deur na die ander kant en verwyder die ander kant van die mould. As dit reg gedoen is sal jy basies met die middelste gedeelte van die mould staan met die voerbal in hom met die stokke deur hom.

Stap 6
Versigtig haal jy nou die voerbal uit die mould en trek die stokkie uit en daar het jy 'n voerbal.

Nou om die voerbal op jou strop te kry doen jy soos volg. Skaf gerus vir jou 'n lekker lang boilie naald aan, dit maak dit net soveel makliker...

Stap 1
Druk jou boilie naald deur die gat in die middel van die voerbal sodat die hak gedeelte buite die bom is.








Stap 2
Hak nou die stroppie so bo kant en trek net eenvoudig die skaglyn deur die bom tot waar hy dan op die gewig eindig. As jy 2 hoeke hengel maak seker dat jou boonste hoek in die lissie gehak is wat jy dan gelyk saam deur die bom trek en dan is jou boonste lyn los soos in 'n normale strop.





Stap 3
Nou is jou mieliebom reg en mooi in die middel van die gewig so jy kan maar gooi hy sal nie af val nie. Onthou net dat jou voer reg moet wees bietjie stywer as normaal en jy sal goeie resultate geniet...











Hier is een gelaai op 'n strop met dippies op.....






Vir meer inligting of om aanlyn te bestel besoek gerus www.ajfishing.net waar julle sommer 'n aanlyn winkel ook sal kry van hulle...

Groete

Henning


5 comments:

  1. Moet een bestel by Andre...of kom kuier en joune perongeluk inpak...LOL

    ReplyDelete
  2. Dis die geld deur en deur die moeite werd...sukkel aan die begin om jou voer 100% te kry maar as jy eers aan die gang is gaan niks jou keur nie, wel done op n puik produk AJ

    ReplyDelete
  3. Dis die geld deur en deur die moeite werd...sukkel aan die begin om jou voer 100% te kry maar as jy eers aan die gang is gaan niks jou keur nie, wel done op n puik produk AJ

    ReplyDelete
  4. I do agree with all of the ideas you’ve presented in your post. They’re very convincing and will certainly work. Still, the posts are very short for starters. Could you please extend them a bit from next time? Thanks for the post. Best Fishing Costa Rica

    ReplyDelete

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017 PLEK :  Vosrite Fishing Adventures - Parys TYD : 07:00 tot 15:00 GEBRUIK : The Original Muti's Ons ...