Thursday 1 June 2017

Visvang Verslag - 31 Mei 2017



DATUM : 31 Mei 2017
PLEK : Vosrite Fishing Adventures - Parys
TYD : 07:00 tot 16:00
GEBRUIK : Conoflex Signature Series

 

Vandag is dit my 6de verslag dag en hoop dit help julle mense daar buite... Ek het nou al 2 verslae gedoen waar ek alleen met Conoflex gehengel het maar vandag het ek vir Loutjie Louwies hier gehad om saam met my te hengel. Ons gaan die nuwe Bullet reeks gebruik vandag om hulle tot moeilike omstandighede te toets met net 30% kans vir visvang... Elke Woensdag vat ek die % kans om te hengel en sit dit by elke verslag by...

So kry ons mekaar net na 7 en begin gou afpak en regkry om te kan begin hengel.. Die mis hang dik oor die water en dis lekker koud ook... Vinnig is al ons goed reg en ons kan begin hengel...

Dis 07:30 en ons kan begin hengel en ek hengel vandag weer met my 11ft Vengeance stokke maar hierdie keer hengel ek met 2 hoeke om basies op elke hoek 'n Bullet te sit en te toets...

So laai ek my 1st stok met 'n piesang pit op die onderste hoek en 'n wit Raptor Bullet op die boonste hoek. Op die voerbal gooi ek Raptor saam Grasgogga. Ek hengel so op 80m.

Ek laai my 2de stok met 'n bunspice pit op die onderste hoek saam met 'n Black Magic Bullet op die boonste hoek en op die voerbal spuit ek Rooi Tjop Tjop saam met Mystic Spice. Hengel hom ook op 80m...

So begin die groot wag en ek voorspel dat die 1st vis eers hier na 45min sal buit siende dat dit winter is en koud is....

En soos voorspel is die 1st vis aan op stok 2 na 56min en ek kan hom uitbring... Op die bunspice pit kom daar toe 'n lekker muddie uit en die bullet sit nog op die boonste hoek....

Net daar verander ek die aas deur op die onderste hoek die Black Magic bullet te sit en op die boonste hoek 'n Red Vampire  bullet. Sit weer Rooi Tjop Tjop saam Mystic spice en gooi weer in...

Na 1:35min loop my 1st stok en 'n karpie is op die wal wat die Raptor bullet gevat het.... Dit was wel 1:35min wat die vis gevat het om die aas op te tel maar wow na so lank en daar is nog aas aan jou hoek... dit verwag ek van 'n mielie pit maar nie iets wat so sag is soos die bullets nie...

Ek gooi weer stok 1 in maar ook sit ek die Raptor bullet op hoek 1 en op hoek 2 sit ek 'n Sweet Almond bullet op... Weer gooi ek Raptor saam Grasgogga op die voer en hengel op 80m...

Vis is traag om te byt maar nie lank nie en weer 'n karp aan op die Black Magic bullet.

Ek verander my stok na Extreme Honey Bullet op onderste hoek en Bass+ Bullet op die boonste hoek, Op die voerbal gooi ek Krismis saam Coldfront en hengel op 80m... Hierdie keur binne 36 min het ek 'n byt maar verloor die vis na so 5min...

Ek gooi weer dieselfde in en na 1:06m trek ek 'n mooi muddie uit...

Op my stok met die Rooi Tjop Tjop op kry ek weer 'n karp aan na 60min....

Nou verander ek na Rooi Tjop Tjop saam Spitfire en weer met Black Magic bullet en 'n Red Vampire bullet.... kry weer 'n karpie aan...

Loutjie self trek ook mooi karpies, muddies en 'n baber of 2 daar waar hy hengel...

Op 'n stadium besluit ek ook om 'n Paint Bullet saam met 'n Kiana pit te gooi met Spray Paint en Kiana Spray op die voerbal....

45min en die katrol loop en weet sommer dis 'n lekker karp... tot my verbasing is dit toe 'n baie mooi muddie wat die Paint Bullet gevat het....

Ons het mooi visse gekry, nie baie nie maar mooi en het 'n lekker hengel dag agter die rug... Daar is nog soveel Bullets wat ek wil probeur maar dit sal kom... Dit wat ek vir die dag gebruik het was ek baie tevrede mee en sal dit beslis vir almal aanbeveel...

Jy kan dit soos 'n Floatie aansit, soos n deegie op die hoek rol, gebruik vir 'n backing, dit saam met 'n mieliepit gebruik, jy kan dit self met mekaar meng om 'n gemengde geur te gebruik so daar is soveel verskillende goed wat jy daarmee kan doen..... Die Floro Bullet druk jy so heel in die voerbal in en kan so 2 of 3 op verskillende plekke insit....


Laat weet gerus watter Bullets vir jou al gewerk het en dis beslis my nuwe benadering aas gewys hier by Vosrite....





















Wat het vir my gewerk vir die dag....

1. Rooi Tjop Tjop
2. Mystic Spice
3. Turbo Garlic
8. Almond Supreme
9. Wha!
10. Raptor
11. Grasgogga
12. Coldfront
13. Spitfire
14. Banana pit
15. Bunspice pit
16. Kiana pit
17. Raptor bullet
18. Black Magic bullet
19. Vampire bullet
20. Honey Extreme bullet
21. Paint bullet
22. Sweet Almond bullet
23. Oranje pak voer van Conoflex

Hier is ons vangste vir die dag....




















Groete tot volgende Woensdag....

5 comments:

  1. Conoflex Signature Bullets-James Bull

    ReplyDelete
  2. Lekker man lekker. Sal maar van die bullets moet aanskaf.

    ReplyDelete
  3. Conoflex signature bullets. Dean Stone.

    ReplyDelete
  4. Conoflex Signature Bullets Johan Fourie

    ReplyDelete
  5. Conoflex Signature Series Bullets Henry van Vuuren

    ReplyDelete

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017 PLEK :  Vosrite Fishing Adventures - Parys TYD : 07:00 tot 15:00 GEBRUIK : The Original Muti's Ons ...