Wednesday 24 May 2017

Visvang Verslag - 24 Mei 2017



DATUM : 24 Mei 2017
PLEK : Vosrite Fishing Adventures - Parys
TYD : 07:00 tot 16:00
GEBRUIK : Awesome Baits Produkte
So breek my 5de visvang sessie aan en ek word vandag versgesel deur Johan(Boeta) Lewis van Awesome Baits.

Net na 6 vanoggend is Boeta op die plaas en ons begin ons goed af te pak by Manapools om reg te maak vir ons dag se hengel.... Dis koud maar darm nog nie vries nie en gou gou is ons goed reg en ons kan begin hengel....

Boeta maak vir ons 2 emmers voer aan, een met Target voer en ander een Kolbou...
Al 2 is produkte van Boeta. Die Taget is 'n lekker growwe voer wat gewig aan hom het en dan die Kolbou is 'n "popcorn" voer met 'n baie lekker mielie reek wat ligter is as die Target voer... Alby is binne 45 sekondes reg om te gebruik... Boeta gou 1 val elke voer 'n bal in die water voor ons en die balle blis mooi en maak 'n lekker voerkol....

Ek hengel weer met....

11 ft Shimano Vengeance stokke met die Shimano 5000 XTRA katrolle gelaai met 10lb Oranje Double X lyn.. Enkel hoek Rietvlei strop met M0 gewigte...

Boeta is besig om aan 'n nuwe floatie te werk wat een van die dae op die rakke sal wees wat hy Soutie Floaties noem en met Garlic, Banana en dan 'n Wintergreen geur wat ons gebruik vir die dag se hengel... 

Boeta het ook deegies aangemaak en man kyk Boeta kan maar deegies aanmaak.... sal die resep onder gee...

Die dips hengel ons sommer so uit Boeta se hengelkas uit en die volgende het vir my gewerk vir die dag....

1. Special - Wintergreen
2. Sinba - Garlic
3. Buffel - Bloekom
4. Weerlig - Almond/Garlic
5. Krokkedil - Boeta kry net 'n Smile op sy gesig as ek vra wat die hoofgeur is...
6. Peach - Perske
7. Passion fruit - Grenadilla
8. Almond
9. Banana - Piesang
10. Special Soutie Floats
11. Garlic Soutie Floats
12. Banana Soutie Floats
13. Almond deeg
14. Suurdeeg - Deeg wat Boeta aangemaak het met Nutty Wheat flour en suurdeeg ( Toets vir die dag)

Ek het my dag se hengel begin met - 

Stok gelaai met - 
Special Soutie Floatie
Plain Target voer
30 min vis aan maar verloor hom oppad wal toe.

Stok gelaai met - 
Banana Soutie Floatie
Banana en Sinba op die Kolbou voer
9 min en daar is 'n karp op die wal.


Herlaai die stokke weer met selfde kombenasies maar le te lank en ek begin rondspeel met dips om die vis aan die gang te kry... Dit is winter so die tempo is nie baie vinnig nie maar ek besluit om weer muddies te teiken en laai my 1 stok met Krokkedil op die Taget voer met daardie suurdeeg op die hoek en gooi lekker naby in... Nie lank nie en ek het 'n muddie aan die lyn... keer op keer gooi ek dieselfde op die voerbal en dan die suurdeeg en ek is op die muddies... van hulle byt binne 5 - 9 min dan weer stadig wat ek dan eers die stok weer diep gooi en dan weer naby en dan is ek weer op die muddies... Het ook afgewissel deur ander kombenasies te gooi vir muddies maar die Krokkedil het die beste gewerk saam met die suurdeeg om muddies te vang...

Boeta het ook mooi vis aangekeur met Almond, dan weer peach saam passion fruit en ook gebruik hy die Soutie floaties en deegies....

So verander ek my stok op 'n stadium na Weerlig toe met 'n Garlic Soutie Floatie en 30 - 40 min het ek 'n vis aan... soos maar met die voorige sessie verloor ek ook vis maar land heelwat meer.... Ek het ook Buffel saam Special gebruik met 'n Bloekom floatie wat ook vir my 'n vis of 2 gegee het....

Altesaam het ons 46 vis vir die dag gevang.... Boeta het gesorg vir mooi groot karpe en 'n paar muddies en ek was weer muddie koning gewees....

Ek was en is regtig baie tevrede met die voer wat ons vandag gebruik het en ek gaan beslis vir my van die Taget voer aanskaf.... dis goed en dis bekostigbaar....

Daar gaan ook beslis van die Awesome baits produkte in my kas op eindig en gaan ook gereeld met dit hengel om nog kombenasies te toets...

Boeta is ook nie skaam om sy kennis te deel nie en is oop vir eenige hulp so kontak hom gerus as jy hulp nodig het met hengel...

Deeg resep... dis basies die plain Soet Wit Deeg resep en dan kan jy geur bysit soos jy wil...

1 x Teelepel Suiker
5 x Teelepels Water - koue water

Meng die water en suiker so bietjie dan begin jy 1 x teelepel meel by te voeg en te roer om te meng, voeg weer 'n teelepel meel by en meng deur. Volgens Boeta behoort jy hier by die 4de teelepel meel 'n tekstuur te kry waar die deeg nie meer aan die bakkie vassit nie en jy kan hom net bietjie in jou hande meng... sit in sakkie en daar het jy die deeg reg vir die dag....

Ons het die muddies en klein karpe in my hounet geplaas om 'n groep foto te neem en die groot karpe het ons dadelik afgeneem en terug geplaas.... Hier is ons vangste vir die dag....












Ons voorspelling vir die dag was soos volg...


Dankie Johan(Boeta) Lewis vir die lekker hengeldag en ons maak gou weer so....


So mense moenie julle hengel stop in die winter nie... gaan en gaan vang vis hulle is daar en wat jy ookal in die somer gebruik gebruik dit in die winter ook... speel net rond met die hoeveelheid wat jy gebruik.....

Groete tot volgende Woensdag

Henning...

Thursday 18 May 2017

Visvang Verslag - 17 Mei 2017



DATUM : 17 Mei 2017
PLEK : Vosrite Fishing Adventures - Parys
TYD : 07:00 tot 15:00
GEBRUIK : Conoflex Signature Produkte


So breek my 4de visvang sessie aan en ek besluit om weer met Conoflex te hengel aangesien daar nie n vervaardiger is wat saam my hengel vandag nie...

Ek het Dinsdag middag al my goed afgevat Cabin toe om daar te hengel aangesien die water te hoog was om op Manapools te hengel.... Nadat ek alles afgepak het en gebere het was dit 'n vinnige besluit wat geneem moet word gaan ek sommer by die Cabin oorslaap en dan is ek reg vir more oggend of gaan ek bo by die huis slaap... Met die visse wat mooi spring en die water wat so mooi lyk het die besluit toe maklik gekom en ek is op huis toe om gou die res van my goed te kry om dan sommer so bietjie te hengel en dan more oggend te kan begin...


Teen 16:30 was my stokke in die water en alles reg vir so uur of 2 se hengel voor ek later in die bed gaan klim... binne 50 min het ek die 1st vis aan die lyn en gelukkig het my Pa gou 'n draai kom maak en hy kon vir my 'n foto saam die vis afneem...

Ek het stok 1 gelaai met 'n Bunspice pit saam met Rooi Tjop Tjop en Mystic Spice op die voerbal ingegooi op so 80m....


My stok 2 was gelaai met Piesang pit met Raptor, Turbo Garlic en Spitfire op die voerbal.... Hy het lank stil gelê en ek het hom oor geaas met Peisang pit met Raptor en Grasgogga op die voerbal...

My stok 1 het ek weer Bunspice pit met Rooi Tjop Tjop en Mystic spice op die voerbal gelaai en ingegooi weer op 80m...

Nie lank nie en ek het weer 'n vis aan op hom en kan voel dis 'n beter vis as die 1st een.... ek speel lank met die vis maar kan ook voel dat iets aan die lyn hak want hy voel nie glad as ek inkatrol nie... naby die wal maar nie so naby dat ek die vis kon sien nie kom die vis los.... Ai altyd wonder 'n mens wat kon dit wees... maar soos in hengel moet jy maar weer aas aansit en weer ingooi...

Aangesien my stok 2 'n mielie pit aanhet los ek hom in... laai weer my stok 1 met dieselfde kombenasie en gooi weer in....

Weer kry ek 'n byt en na 'n lekker speel kry ek die vis op die wal... nou hoe gemaak ek is alleen so kan nie met die vis in my hande staan vir 'n foto nie... al wat ek kon doen is om maar die vis in die cradle te los en af te neem....


Laai stok 1 weer dieselfde en gooi vir die laaste keer weer in met hom.... Stok 2 loop na 'n lang tyd en die karpie kom darm uit op die wal...


Ek los die stokke nog vir so 1 uur in die water en besluit teen 10 uur om in die bed te gaan klim om die volgende dag 07:00 stiptelik te kan begin...

07:00 en die stokke word ingegooi soos volg....

Stok 1 - Enkel hoek Rietvlei strop. Rooi Tjop Tjop saam Mystic Spice op die voerbal met 'n bunspice pit. Ingegooi 80m.

Stok 2 - Enkel hoek Rietvlei strop. Raptor saam Grasgogga op die voerbal met 'n banana pit. Ingegooi 80m.

na 60 min trek ek alby stokke uit geen vis.

Stok 1 - Enkel hoek Rietvlei strop. Rooi Tjop Tjop saam Mystic Spice op die voerbal met 'n bunspice pit. Ingegooi 80m.

Stok 2 - Enkel hoek Rietvlei strop. Turbo garlic saam Almond Supreme op die voerbal met 'n almond pit. Ingegooi 80m.

Stok 1 loop na 17 min en ek kry 'n mooi karp aan die lyn en op die wal....


Stok 2 loop na 9 min en ek kry hierdie mooi spieel karpie aan die lyn en op die wal...


Stok 1 - Enkel hoek Rietvlei strop. Rooi Tjop Tjop saam Mystic Spice op die voerbal met 'n bunspice pit. Ingegooi 80m.

Stok 2 - Enkel hoek Rietvlei strop. Turbo garlic saam Almond Supreme op die voerbal met 'n almond pit. Ingegooi 80m.

Na 60 min haal ek alby stokke uit en sit nuwe aas op...

Stok 1 - Enkel hoek Rietvlei strop. Raptor saam Grasgogga op die voerbal met 'n banana pit alles in SA Poeier geskud. Ingegooi 80m.

Stok 2 - Enkel hoek Rietvlei strop. Peppermintcrisp saam Double Chocolate op die voerbal met 'n deegie op die hoek. Ingegooi 60m.

Stok 1 loop na 9 min met 'n klein babertjie aan die hoek....

Stok 2 loop na 16 min en vang hierdie mooi muddie...


Stok 1 - Enkel hoek Rietvlei strop. Wha! saam Caramel Plus op die voerbal met 'n Anys pit. Ingegooi 80m.

Stok 2 - Enkel hoek Rietvlei strop. Peppermintcrisp saam Double Chocolate op die voerbal met 'n deegie op die hoek. Ingegooi 60m.

Stok 1 loop na 16 min en weer na 'n rukkie se speel kom die vis los...

Stok 2 loop na 11 min maar ook daar verloor ek die vis...

Ek verander die stroppe en laai weer die stokke...

Stok 1 - Enkel hoek Rietvlei strop. Sweetcorn saam Spitfire op die voerbal met 'n Spitfire Floatie. Ingegooi 80m.

Stok 2 - Enkel hoek Rietvlei strop. Coldfront saam Bass+ op die voerbal met 'n honey pit op die hoek. Ingegooi 80m.

Stok 1 loop na 15 min en hiedie mooi karp is op die wal....


Stok 2 loop na 30 min en hierdie karpie is op die wal...


Stok 1 - Enkel hoek Rietvlei strop. Loodewyk saam Tokkelossie op die voerbal met 'n Gumtree pit. Ingegooi 80m.

Stok 2 - Enkel hoek Rietvlei strop. Coldfront saam Bass+ op die voerbal met 'n honey pit op die hoek. Ingegooi 80m.

Stok 1 loop na 18 min en 'n karpie word gevang en dieselfde tyd wat ek besig is loop stok 2 na 20min en ook 'n karpie op die wal....


Baie van dieselfde kombenasies is tussen hierdie vangste gegooi wat geen vis op gelewer het nie. Ek het nie elkeen neer geskryf nie maar net die wat vis gegee het... 

Dit was regtig nie 'n maklike dag nie en ek moes hard werk vir die visse... Ek het 'n App wat ek gebruik wat vir jou die % van die dag se hengel gee soos hier onder... Laas Woensdag was 94% en met die hengel nou was dit 16% so dit kan dalk een van die redes wees en ook omdat die water nie op sy vlak was nie en klomp natuurlike kos wat ingespoel het....



Nog steeds het daar darm vis uitgekom so die dag was suksesvol gewees...

Volgende woensdag sal ons sien wat die dag weer vir ons gaan gee...

Wat het vir my gewerk vir die dag....

1. Rooi Tjop Tjop
2. Mystic Spice
3. Loodewyk
4. Tokkelossie
5. Peppermintcrisp
6. Double Chocolate
7. Turbo Garlic
8. Almond Supreme
9. Wha!
10. Caramel Plus
11. Raptor
12. Grasgogga
13. Coldfront
14. Bass+
15. Sweetcorn
16 Spitfire
17. Banana pit
18. Bunspice pit
19. Anys pit
20. Gumtree pit
21. Soet wit deeg
22. Spitfire Floatie
23. Oranje pak voer van Conoflex

Dankie aan Conoflex vir die produkte wat hulle vir ons as heneglaars daar buite sit om te gebruik om mee te hengel en elke uitstappie suksesvol te kan maak...

Sterkte aan almal met die winter hengel en ek gaan beslis die winter gebruik om lekker te hengel en te wys jy hoef nie jou hengel gerei weg te pak nie....

Groete tot volgende Woensdag

Henning....



Produk verslag no 1 - Mieliebom mould..



Produk naam : Mieliebom mould
Vervaardiger : AJ Moulds
Web adres : www.ajfishing.net
Kontak persoon : Andre Visagie

Ek het met my hengel die 17de Mei 2017 besluit om bietjie hierdie mould van my te gebruik vir die dag se hengel. Ek het hom lanklaas gebruik en maar net weer besef dat dit werklik 'n goeie produk is wat jy beslis in jou viskas kan hou vir daardie dae wat jy net nie jou mielie bomme reg kry nie...

Wat die produk doen is om jou te help om 'n perfekte mieliebom te druk wat dan op jou M-Reeks sinkers pas en verhoed dat jy jou mieliebom sommer afgooi... mits jou voer reg aangemaak is gaan jy nie sommer weer jou mieliebom afgooi nie en so kan jy beter afstande begin hengel want jy kan harder gooi...

Dit was nog altyd 'n sielkindige blok vir my gewees as ek 'n mieliebom afgooi want dan is ek bang ek gaan hom weer afgooi en so gooi ek nie meer hard nie en kom nie op my afstande uit nie.... Nou met die mould hoef ek nie bang te wees as ek weet my voer is reg nie....

Jy kry verskillende grootes en ek gebruik die 40mm een... balle is klein genoeg en as ek moet ver hengel gebruik ek net 'n groter M-Reeks sinker....

Jy kan natuurlik bietjie meer mieliebom in die mould sit en 'n klein bietjie groter bom druk en dit werk 100% vir my.....

Wat ook lekker is en goed werk is dat as jy 'n vinnige temp hengel kan jy 'n paar balle vooruit maak en in jou voer emmer los sodat jy net kan hak en ingooi weer....









So hoe gaan ek te werk om 'n bom te druk?

Stap 1
Maak seker dat alle dele van die mould goed nat is.

Stap 2
Vat van jou voer en druk bietjie vas met jou hand soos wat jy 'n mieliebom sal maak.

Stap 3
Sit nou jou mould aan mekaar met die voer in die middel en steek die stokkie deur.

Stap 4
Druk nou alby kante na binne sodat die voer saam gedruk kan word.

Stap 5
Druk nou eers die stokkie uit na die een kant toe en verwyder die kant van die mould en dan druk jy die stokkie deur na die ander kant en verwyder die ander kant van die mould. As dit reg gedoen is sal jy basies met die middelste gedeelte van die mould staan met die voerbal in hom met die stokke deur hom.

Stap 6
Versigtig haal jy nou die voerbal uit die mould en trek die stokkie uit en daar het jy 'n voerbal.

Nou om die voerbal op jou strop te kry doen jy soos volg. Skaf gerus vir jou 'n lekker lang boilie naald aan, dit maak dit net soveel makliker...

Stap 1
Druk jou boilie naald deur die gat in die middel van die voerbal sodat die hak gedeelte buite die bom is.








Stap 2
Hak nou die stroppie so bo kant en trek net eenvoudig die skaglyn deur die bom tot waar hy dan op die gewig eindig. As jy 2 hoeke hengel maak seker dat jou boonste hoek in die lissie gehak is wat jy dan gelyk saam deur die bom trek en dan is jou boonste lyn los soos in 'n normale strop.





Stap 3
Nou is jou mieliebom reg en mooi in die middel van die gewig so jy kan maar gooi hy sal nie af val nie. Onthou net dat jou voer reg moet wees bietjie stywer as normaal en jy sal goeie resultate geniet...











Hier is een gelaai op 'n strop met dippies op.....






Vir meer inligting of om aanlyn te bestel besoek gerus www.ajfishing.net waar julle sommer 'n aanlyn winkel ook sal kry van hulle...

Groete

Henning


Wednesday 10 May 2017

Visvang Verslag - 10 Mei 2017


DATUM : 10 Mei 2017
PLEK : Vosrite Fishing Adventures - Parys
TYD : 07:00 tot 15:00
GEBRUIK : Venom Baits Produkte


So het ek reg gemaak vir my 3de visvang dag waar ek 'n vervaardiger se reeks gebruik en dan 'n verslag skryf van wat die dag gebeur het....

Vandag het ek saam die manne van Venom Baits gehengel.... Eben & Jaco was hier om die dag saam met my bietjie te kyk wat Venom Baits hier op Vosrite Fishing se waters kan doen....

Eben het vir my 'n klomp van hulle dippies gegee en so het ek my nuwe klein viskas gepak met die dips om dit mooi by mekaar te kan hê vir die dag... Ek het die klein viskas aangeskaf vir hierdie dae sodat ek maklik die dippies kan bymekaar sit wat ek vir die sessie gaan gebruik....

Klomp interesante name wat die dippies genoem word en ek het my papier en pen naby want ek ken nog nie die name nie...

Eben het met kombenasie voorstelle gekom soos volg...

1. Kombenasie 1 - Strawberry Deluxe  - Mooi rooi Strawberry
                               Looti Special - Looti
2. Kombenasie 2 - Strawberry Deluxe  - Mooi rooi Strawberry
                               Milkybar - White Chocolate
3. Kombenasie 3 - Detenator - Geel Garlic/Almond
                               Banana Burst - Geel Piesang
                              XXX - FX
4. Kombenasie 4 - Detenator - Geel Garlic/Almond
                               Frooty - Ligte rooi Fruit Mix
                              XXX - FX
5. Kombenasie 5 - Honey Badger - Heuning
                               Fireball - Cinnamon Mix
6. Kombenasie 6 - Magic Maize - Sweetcorn
                               Fireball - Cinnamon Mix
7. Kombenasie 7 - Detenator - Geel Garlic/Almond
                               Banana Burst - Geel Piesang
                              XXX - FX
                               Fireball - Cinnamon Mix

Met die kombenasie lys is ek toe reg om die dag te begin.... ons was 7 uur reg om te begin hengel....
Ek het as volg gehengel vir die dag....

Stok 1 - Enkel hoek rietvlei strop gelaai met Kombenasie 3 op die voerbal met 'n piesang pit. Ingegooi op so 80m.

Stok 2 - Enkel hoek rietvlei strop gelaai met Kombenasie 1 op die voerbal met 'n Floro Floatie/Kondensmelk deegie. Ingegooi op 50m. Wil met hierdie stok Muddies teiken..

Stok 1 loop na 35 min en hierdie mooi klein karpie is op die wal... Rekening is oop so nou kan die dag maar volstoom voortgaan.....

Stok 2 gebeur niks... Ek laai Stok 1 weer met dieselfde en gooi weer 80m...

Stok 1 - Gelaai met Kombenasie 3 op die voerbal met 'n piesang pit. Ingegooi op so 80m.

Stok 1 loop na 35 min en nog mooi klein karpie is op die wal... Darm al 2 karpies op die wal....

Stok 2 is nog steeds stil en met die wat ek hom optel om uit te haal sit hy vas.... lyn kom los en ek kan hom weer laai om te gooi...

Stok 2 - Gelaai met Kombenasie 1 op die voerbal met 'n Floro Floatie/Kondensmelk deegie. Ingegooi op 50m.

Stok 1 - Gelaai met Kombenasie 7 op die voerbal met 'n piesang pit. Ingegooi weer op 80m.

Stok 1 loop na 8 min en hierdie muddie is op die wal...
Wat 'n lekker geveg sit hy nie op nie en nou is ek eers lus vir muddies...

Stok 1 - Gelaai met Kombenasie 7 op die voerbal met 'n piesang pit. Ingegooi weer op 80m.

Stok 1 loop na 5 min 45 sekondes en hierdie prag karp is my prys....
Dit was nou lekker gewees....

Stok 1 - Gelaai met Kombenasie 7 op die voerbal met 'n piesang pit. Ingegooi weer op 80m.

Hierdie sal my laaste gooi wees met die kombenasie want ek moet die ander ook toets...

Stok 1 loop na 11 min 50 sekondes en weer 'n lekker vis aan die lyn.... hy kom 'n hele stuk nader maar ek verloor hom nie ver van die kant af nie... Dit gebeur maar met almal en so moet ons maar net weer laai en gooi.. Ek laai stok 1 toe weer met dieselfde kombenasie 7 want ek wil 'n vis op die wal hê voor ek kombenasies verander...

Stok 1 loop na 9 min 40 sekondes en ek kry hierdie muddie aan die lyn....

Stok 2 maak niks en ek laai weer oor...

Stok 2 - Gelaai met Kombenasie 2 op die voerbal met 'n Floro Floatie/Kondensmelk deegie. Ingegooi op 50m. weer niks en ek kom agter dat die muddies nie naby is vandag nie...

Stok 2 - Gelaai met Kombenasie 6 op die voerbal met 'n Nealtjie floatie. Ingegooi op 80m.

Stok 2 harldoop na 40 min en 'n karpie is my prys...

Ek moet vinnig breuk vat om gou plaaswerk te doen en so rus my hengel area vir so 2 ure... Na 2 ure is ek terug en ek kan weer hengel....

Stok 1 - Gelaai met Agent Orange(Spirits) saam met Lightning(Musk) op die voerbal met 'n Bloutrein pit. Ingegooi weer op 80m.

Stok 1 lê 40 min geen vis en ek laai weer....

Stok 2 - Gelaai met Kombenasie 6 op die voerbal met 'n Nealtjie floatie. Ingegooi op 80m.

Stok 2 loop na 16 min 50 sekondes maar ek mis die vis...

Stok 2 - Gelaai met Kombenasie 6 op die voerbal met 'n Nealtjie floatie. Ingegooi op 80m.

Stok 2 na 60 min niks.

Stok 1 - Gelaai met Kombenasie 5 op die voerbal met 'n heuning pit. Ingegooi op 80m.

Stok 1 loop na 6 min 45 sekondes maar ek mis die vis.. Ek voermoed dis muddies wat so skelm aas vat.

Stok 1 - Gelaai met Kombenasie 5 op die voerbal met 'n heuning pit. Ingegooi op 80m. 50 min vis verloor na 'n rukkie se katrol.

Ek gooi weer dieselfde en die vis is van die byt af.... Dit word nou tyd dat ons moet begin klaar maak en ek besluit toe op die volgende kombenasie....

Stok 1 - Gelaai met Agent Orange(Spirits) saam met Pink Sweets(Musk) op die voerbal met 'n Bloutrein pit. Ingegooi weer op 80m.

Stok 1 loop na 30 min en hierdei karp is op die wal...

Stok 1 - Gelaai met Agent Orange(Spirits) saam met Lightning(Musk) op die voerbal met 'n Bloutrein pit. Ingegooi weer op 80m.

Stok 1 loop na 8 min 50 sekondes en nog 'n karp is op die wal....

Ek vat toe stok 2 en besluit om dieslefde as stok 1 te gooi aangesien dit my laaste gooi was....

Binne 10 min loop stok 2 en 'n klein karpie is op die wal....

So roep ek einde aan 'n wonderlike dag en moet sê ek was heel in my skik met Venom Baits se produkte wat ek gebruik het.... Daar is nou 'n hele paar kombenasies wat ek nie kon toets toe maar sal dit nog doen en weer 'n verslag skryf oor my hengel sessie...

Dankie weereens aan Eben en Jaco vir 'n lekker hengel sessie.....

Vir die van julle wat reeds Venom Baits gebruik kan julle beslis die kombenasies gebruik wat ek vandag mee gehengel het en jy sal vis kry met dit.... Nou weet julle ook wat om te gebruik as julle Vosrite Fishing toe kom...

Vir die hengelaars wat verskillende dips gebruik kan gerus vir julle van die dippies aanskaf vir jou volgende hengel uitstappie....

Eben en Jaco het ook lekker vis gevang en van die foto's is hier onder gelaai...



 Dankie vir julle tyd om my verslag te gelees het.... Los gerus 'n boodskap en laat weet wat julle van dit dink...

Groete tot volgende Woensdag...

Henning

Visvang Verslag - 7 Junie 2017

DATUM : 7 Junie 2017 PLEK :  Vosrite Fishing Adventures - Parys TYD : 07:00 tot 15:00 GEBRUIK : The Original Muti's Ons ...